HomeSportWagpos klop Brits in harde rugbystryd

Wagpos klop Brits in harde rugbystryd

Die Hoërskool Wagpos het Saterdag hul staal op die rugbyveld gewys toe hulle Hoërskool Brits in al vyf wedstryde oortuigend geklop het.

Die wedstryde is by Wagpos gespeel, waar die tuisspan van die eerste afskop af die oorhand gehad en met sterk aanvallende rugby beïndruk het.

Die eerste span het ‘n indrukwekkende 88-0 oorwinning behaal, terwyl die tweede span hul teenstanders met 91-0 oorrompel het.

Die juniorspanne het dieselfde wenresep gevolg. Die onder 14A-span het met 84-0 geseëvier, die onder 15A-span het 62-0 gewen, en die onder 16A-span het met ‘n sterk vertoning ‘n 31-7 oorwinning behaal.

“Hierdie uitslae getuig van die harde werk, toewyding en voorbereiding van die spelers en afrigters. Die skool kan met trots terugkyk op ‘n besonder suksesvolle rugbynaweek waarin elke span hul deel gedoen het om die naam van Hoërskool Wagpos hoog te hou,” het die skool gesê.

 

RELATED ARTICLES

Most Popular