Laerskool Broederstroom is uiters trots op Gustav Bezuidenhout, 'n Graad 5-leerder, wat onlangs vier goue medaljes by twee nasionale skopbokskampioenskappe verower het.
Gustav het aan die MASA (Martial Arts South Africa) en KOSA (Kickboxing Of South Africa) se nasionale kampioenskappe deelgeneem en by beide twee goue medaljes gewen.